Trotse, nuwe onderwysers danksy ROF ondersteuning: ‘n Paar van ROF se oud-studente het hul suksesverhaal met ons gedeel. Besoek gerus ons Facebook-bladsy en lees oor hul suksesverhale.
Amy Brown
Graad 4-onderwyseres, St Michaels Primêr, Abbotsdale
Kristoff Isaacs
Wiskunde onderwyser Chatsworth Primary School
Chantell Deetlefs
Onderwyseres by Jacobsdal Primêre Skool
Sean Kotze
Natuur- en Fisiese Wetenskap onderwyser : Steynville Sekondêr
Jevonne Cloete
Onderwyser Weber Gedenkskool Stellenbosch
Marilize Neveling
Graad 5-onderwyseres, Hillcrest Primêr, Port Elizabeth
John-Ross Hofmeester
Onderwyser by St Mark’s Primêr, Prince Alfred Hamlet
Mikaela Meyer
Graad 2-onderwyseres by Concordia Primêre Skool, Knysna
Nicole Martin
Geografie-onderwyseres vir Graad 8 – 10’s by Curro Serengeti
Shaun Kuswayo
Eng. Onderwyser : H/skool Namakwaland
Nathalie Cupido
Onderwyseres Du Tuine Primêr, Worcester
Marizahn Lerm
Graad 1-onderwyseres by Excelsior VGK Primêr, Calitzdorp
Simoné du Plessis
Onderwyseres by Bonnievale Primêre Skool
Monique Esterhuizen
Onderwyseres by JJ Dreyer Primêr
Simoné Minnie
Graad RR juffrou by Laerskool Bredasdorp
Annalize Palmer
Onderwyseres by RR Franks Primêr, Blue Down
‘N KOOR WAT BEKOOR

Shaun Kuswayo, ‘n boorling van die Namakwaland het sy B.Ed graad ontvang en is ‘n trotse oud-ROF student.  Vandag is hy ‘n onderwyser by Hoërskool Namakwaland in Springbok.  Nie net ploeg hy sy kennis van onderrig terug in die skoolgemeenskap nie, maar onder sy bekwame hande het hy vir sy koorlede nuwe wêrelde oopgemaak.  Die koor het verlede jaar ‘n silwer medalje by Aplous 2017 gewen, en het by die afgelope Taalmonument se Koorfees die gehoor op hulle voete gehad met die uitvoering van hul Mama Thembu’s wedding.  Soos hy tereg sê:  “Toe al die kore tydens die massa-sang item saamsing, kon ‘n mens sien hul siele is een.  En as siele verbind, strek dit oor alle grense en verbind almal in hierdie reënboognasie”

‘N SUKSESVERHAAL VANUIT DIE KLEIN-KAROO

Ek is ‘n afgestudeerde student wat my B.Ed graad verwerf het aan die Universiteit van die Vrystaat.  Ek werk tans in my tuisdorp, Calitzdorp en is ‘n graad 4-onderwyseres.  Ek geniet die nuwe loopbaan verskriklik baie en sien elke dag as ‘n nuwe uitdaging om net meer en meer te groei.

Dit is so wonderlik om terug te ploeg in my gemeenskap waar ek groot geword het en waar soveel rolmodelle my geïnspireer het om iets van my lewe te maak.  Ek wil baie dankie sê aan my donateur wat die potensiaal in my gesien het om my te ondersteun en dit moontlik gemaak het om my studies te kon voltooi. Zinzi George

AANSOEKE VIR 2021
Open: 1 Julie 2020
Neem asseblief kennis dat aansoeke vir 2021 elektronies ingedien word.
Die inligting en aansoekprogram is by die onderstaande skakel beskikbaar
Skakel 065 367 3903 indien jy enige probleme ondervind.