Prestige Toekennings - Utrecht somerskool, nederland


ROF het sy strategie in 2014 uitgebrei en wil graag toekomstige leiers vir die onderwys oplei en ontwikkel asook ‘n bydrae tot die verbetering van Wiskunde onderwysers maak. Om hierdie visie te verwesentlik het ROF vanaf 2014 tussen 4 tot 10 prestige-toekennings jaarliks gemaak aan Wiskunde-onderwysers/studente wat ’n tien dag lange kursus in Utrecht, Nederland, bygewoon het. Die kursus word jaarliks vanaf 15 – 28 Augustus aangebied by Utrecht Universiteit.

Weens Covid-19 was daar vanaf 2019-2021 geen toekennings gemaak nie. ROF sal vorentoe weer hierdie projek hervat.