ROF VERWELKOM NUWE VOORSITTER

ROF VERWELKOM NUWE VOORSITTER

ROF het op 1 Februarie 2022 ‘n nuwe voorsitter gekry. Inge Kühne, redakteur van Rapport, het die leisels oorgeneem by Waldimar Pelser, vorige redakteur van Rapport. Inge het op 20-jarige ouderdom begin as ‘n verslaggewer by Beeld en het deur die jare ‘n baie suksesvolle loopbaan opgebou. ROF is baie dankbaar dat sy die aanstelling as voorsitter van ROF aanvaar het en sien met groot verwagting uit om saam met haar die pad vorentoe te stap. Baie welkom, Inge!
Hanlie Retief het gaan kuier by Inge. Kliek gerus hier om meer te lees van hul gesprek