Archives: Testimonials

Aug
29

Jevonne Cloete

“Toe die gogga van Spesiale Onderwys my byt, het ROF se leningsbeurs vir my geleentheid gebied om myself in hierdie spesialisveld te bemagtig. Nie net het hierdie leningsbeurs ‘n groot droom verwesenlik nie, maar dit het die skynlik onwerklike nader na my beroepsvoorstoep gebring. Vandag staan ek as leerondersteuningspesialis in ‘n klas vol spesiale leerders met intellektuele gestremdhede met ‘n hart vol tevredenheid en salige gemoedsrus vir die verskil wat ek kan maak. Dankie ROF- my beker loop oor!”

By webadmin |
DETAIL
Aug
29

Lannette Nel

“My leerders voel soms soos my eie kinders. As hulle vir ‘n oomblik kan lag, gelukkig en veilig voel, dan is my dagtaak bereik. Hulle neem ‘n mens se hart oor. Die onderwys is nie maklik nie, die druk van presteer en ekstra werkslading raak soms net te veel. Soms is die enigste rede vir View Full →

By webadmin |
DETAIL
Aug
29

Kristoff Isaacs

Die onderwys bied elke dag nuwe uitdagings – `n oorvol klasse, te min apparaat, slange op die skool perseel en `n sanderige sportveld en nog baie meer.  “Dit is die tipe uitdagings wat jou inspireer en laat lag, maar sommige dae ook frustreer en selfs laat huil. Soms probeer jy die wêreld verander en sommige View Full →

By webadmin |
DETAIL
Aug
29

Geraldine Dold ­

“Ek het aansoek gedoen vir ‘n ROF leningsbeurs omdat my ma nooit finansieel kon voorsiening maak vir my studies nie aangesien sy vir so lank ‘n enkelouer was. Ek het geweet ek wou bitter graag gaan studeer om my roeping te vervul en ek moes pro-aktief raak en soek vir geleenthede. Gelukkig het ek gehoor View Full →

By webadmin |
DETAIL
TOP