Verslag wys behoefte aan goeie onnies

Ek is so dankbaar dat Rapport Onderwysfonds en my donateur, JURGENS BEKKER PROKUREURS my finansieel help sodat ek kan studeer wat ek régtig eendag wil doen –  om ʼn goeie grondslag in skoolleerders te lê waarop hulle net kan voort bou.”  So gesels Thelani, ‘n 4de jaar ROF-onderwysstudent.  As daar gekyk word na die Diagnostiese Verslag wat in Januarie 2015 deur die Minister van Onderwys, uitgereik is, besef ‘n mens weer eens die groot behoefte aan opgeleide onderwysers.  Slegs 35,1% van die 225 458 matrikulante wat einde 2014 Wiskunde geskryf het, het meer as 40% behaal en net 36.9% van die 167 997 matrikulante wat Fisiese Wetenskap geskryf het, het  meer as 40% behaal in hierdie vak.

ROF is baie dankbaar wanneer besighede skenkings maak om onderwysstudente te ondersteun.  JURGENS BEKKER PROKUREURS, ‘n prokureursfirma in Bedfordview, Johannesburg, het vanjaar ‘n skenking gemaak om twee onderwysstudente te ondersteun, ter waarde van R 30 000.  Hierdie dinamiese prokureursfirma verbind hulle egter nie net tot die voorsiening van gehalte regsadvies en diens aan beide korporatiewe en individuele kliënte nie, maar reik ook uit na die gemeenskap deur weldaadsprojekte te ondersteun.  “Ons sê dankie ROF vir julle goeie werk – ‘n skenking aan ROF is ‘n beleging in die toekoms van Suid-Afrika – hou so aan!” sê mnr Jurgens Bekker.

ROF bedank Jurgens Bekker Prokureurs vir hierdie skenking!

SKENKINGS ONTVANG

Druppel                      100.00
Cafsa Gaya               3 014.29
S Oberholzer                        1 500.00
T Gunning                 100.00
Piet Botha                 300.00
Pieter Engelbrecht   1 000.00
PJ Malan                   5 000.00

 

AANSOEKE VIR 2021
Open: 1 Julie 2020
Neem asseblief kennis dat aansoeke vir 2021 elektronies ingedien word.
Die inligting en aansoekprogram is by die onderstaande skakel beskikbaar
Skakel 065 367 3903 indien jy enige probleme ondervind.