Vir studente

Het jy 'n passie vir onderwys?

As jy nie weet waar die geld vandaan gaan kom om jou droom te verwesenlik nie, is ROF die plek vir jou. Ons ondersteun voltydse en deeltydse gekwalifiserende onderwysstudente met leningsbeurse, sodat finansies nooit die rede is waarom jy nie kwalifiseer nie.

Glimlaggende jong vrou in 'n groen rok, met haar hand teen haar wang

Wie mag aansoek doen?

Alle studente by enige geregistreerde tersiêre onderwysinstansie in Suid-Afrika (privaat of staat).

Jy moet Afrikaans kan lees, skryf, praat en verstaan.

Handhaaf ten minste 'n jaarlikse gemiddeld van 55–60%

Alle studente is welkom om aansoek te doen, dwarsdeur die jaar.

Voorkeur word gegee aan Afrikaanssprekende studente, ongeag die taal waarin die kursus by die betrokke instelling aangebied word.

Hoe om aansoek te doen

  1. 1Voltooi die vorm

    Voltooi die aanlyn-aansoekvorm.

  2. 2Dokumente

    Verseker alle handtekeninge en dokumente is volledig.

  3. 3Bevestiging

    Ontvang bevestiging dat jou aansoek volledig ontvang is.

  4. 4Beurskomitee

    Die leningsbeurs word ge-evalueer.

  5. 5Uitslag

    Ontvang kennis van die uitslag van jou aansoek.

  6. 6Fica

    Jou fica word outomaties geregistreer.

Gereelde vrae

Het jy vrae?

Jy kan dwarsdeur die jaar aansoek doen.

Studente verhale

Neo Caylin Zeekoei

Neo Caylin Zeekoei

Nagraadse studie en Meestersgraad, UV

“ROF se vriendelike personeel en vinnige proses het my finansiële stres verlig, sodat ek net op my studies kon konsentreer en my meestersgraad kon verwerf. Vandag is ek ’n graad 5-Wiskundeonderwyser by Laerskool Alpha op De Aar en besig met my PhD. By die National Teachers Awards is ek twee jaar agtereen as die beste Wiskundeonderwyser in my streek aangewys.”

Theunis le Roux

Theunis le Roux

BEd (Intermediêr), Aros

“Danksy my ROF-leningsbeurs is ’n enorme finansiële las van my en my ouers se skouers gelig, sodat ek op my studies kon fokus en vanjaar al nege onderskeidings kon behaal. My praktiese tydperk by Laerskool Worcester-Oos het my geleer dat die klaskamer dikwels van die handboek verskil, veral wanneer jy met leerders met outisme, ADHD en ander leerprobleme werk. Ek wil later ’n honneursgraad in Opvoedkundige Sielkunde verwerf, sodat ek ’n positiewe verskil in leerders se lewens kan maak.”

Marnus Smit

Marnus Smit

BEd (Senior), Aros

“Met ROF se ondersteuning kon ek elke toets, taak en uitdaging van my veeleisende vierde studiejaar met ’n rustige siel aanpak. My hoogtepunt was my laaste praktiese tydperk by Hoërskool Eldoraigne, waar ek besef het hoe maklik en lekker klasgee geword het ná die angs van my eerste twee jaar. Ek is opreg dankbaar teenoor ROF wat my help om my roeping te bereik, want onderwys is vir my ’n plesier!”

Nekiesha Joubert

Nekiesha Joubert

“My studies het uitdagings en harde werk ingehou, maar met ROF se ondersteuning kon ek aanhou groei en my beste gee. ROF het my gehelp om op my akademiese doelwitte te fokus en my droom om ’n onderwyser te word, ’n werklikheid te maak. Ek hoop om eendag dieselfde ondersteuning, aanmoediging en inspirasie aan my leerders te bied.”