Wie mag aansoek doen?


Voltydse Onderwysstudente

ROF ondersteun voltydse onderwysstudente wat by enige geregistreerde tersiêre onderwysinstelling in Suid-Afrika studeer – beide privaat- en staatsinstellings. Voorkeur word gegee aan Afrikaanssprekende studente, ongeag die taal waarin die kursus aangebied word by die betrokke instelling. Dit is egter belangrik dat 'n student Afrikaans moet kan lees, skryf, praat en ten volle verstaan.

Hulp word verleen aan studente wat van voorneme is om die volgende kwalifikasies te behaal: • B.Ed (grondslag/intermediêre/senior/VOO fases) • B.Ed Honneurs • M.Ed • NGOS (PGCE)

Deeltydse Onderwysstudente

ROF bied ook lenings aan studente wat weens omstandighede deeltyds wil studeer.  Voorkeur word gegee aan hulponderwysers wat as klaskamerassistente of sportafrigters werk, maar wat nog nie oor ’n formele onderwyskwalifikasie beskik. Deeltydse studente moet egter ook ingeskryf wees vir bogenoemde onderwyskwalifikasies by enige geakrediteerde universiteit in die land wat afstandsonderrig aanbied.

Werkende Onderwysers

ROF help graag gekwalifiseerde onderwysers wat deeltyds wil studeer om hul kwalifikasies te verbeter.